Toneeltalent skitter tydens tweede Gauteng-streeksfees
Die 60ste ATKV-Tienertoneel is verlede week in Gauteng voortgesit met hope talent en inspirerende stories. 344 tieners het in 25 produksies hul stories simbioties op die UNISA Little Theatre-verhoog in Pretoria kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies met mentorbeoordelaars, wat hul stempel in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf afdruk, in ’n tweerigtingsgesprek oor hul werk tree.
Die mentorbeoordelaars tydens die Gauteng-streeksfees vanaf 29 Julie tot 3 Augustus was Jacques Bessenger, Liezl de Kock, Solomon Cupido en Lindsey Cele.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid gekry om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 3 Augustus bekendgemaak.
BESTE KLANKOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Nathan Pelser |
Goue jare |
Hoërskool Oosterlig |
Karla van Wyk |
Spel |
Potchefstroom Gimnasium |
Pierre Welthagen |
KLIEK |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE BELIGTINGSOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Alex Jordaan |
Kou my vingers tot die been |
Hoërskool Eldoraigne |
Dylan Karsten |
Rumspringa |
Hoërskool Hugenote Springs |
Mienke Meyer |
KLIEK |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE VERHOOGBESTUURDER
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Amelie Botha, Liza Nel en Estelle Kriek |
KLIEK |
Hoërskool Noordheuwel |
Henriëtte Jansen van Vuuren |
Spel |
Potchefstroom Gimnasium |
Tomas du Preez |
Toe die see jou sluk |
Hoërskool Die Wilgers |
Minanté Pieterse |
Rumspringa |
Hoërskool Hugenote Springs |
Wenner:
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Kou my vingers tot die been |
Hoërskool Eldoraigne |
Spel |
Potchefstroom Gimnasium |
KLIEK |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N HOOFROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Juandré Schoeman as Jano |
Kou my vingers tot die been |
Hoërskool Eldoraigne |
Etienne Dannhauser as Barend |
Spel |
Potchefstroom Gimnasium |
Henlo Meyer as Peter |
Rumspringa |
Hoërskool Hugenote Springs |
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N HOOFROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Liza Stoltz as Priska |
Kou my vingers tot die been |
Hoërskool Eldoraigne |
Somari Ryan as Daisy |
KLIEK |
Hoërskool Noordheuwel |
Kirsten van den Bergh as Nina |
Kou my vingers tot die been |
Hoërskool Eldoraigne |
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Kou my vingers tot die been |
Hoërskool Eldoraigne |
Spel |
Potchefstroom Gimnasium |
KLIEK |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Armand Rossouw |
Kou my vingers tot die been |
Hoërskool Eldoraigne |
Ashley Schwartz en Adam Visser |
Spel |
Potchefstroom Gimnasium |
Robert Kruger, Mariki de Villiers-Knop, Amore van Zyl en Aileen Steenkamp |
KLIEK |
Hoërskool Noordheuwel |
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Wenner:
ATKV-Tienertoneel is hierdie week (5 tot 10 Augustus) in Bloemfontein by die Wynand Mouton-teater vir sentraal Suid-Afrika se streeksfees en vanaf 6 tot 10 Augustus by die Little Theatre in Gqeberha om die tieners se simbiotiese werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel