Tweede WK-streeksfees stel toneeltalent ten toon
Die 60ste ATKV-Tienertoneel het op ’n hoogtepunt in Gauteng en in die Wes-Kaap afgesluit met hope talent en inspirerende stories. 437 tieners het in 24 produksies hul stories simbioties in die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch (Kaapstad) kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies met mentorbeoordelaars, wat hul stempel in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf afdruk, in ’n tweerigtingsgesprek oor hul werk tree.
Die mentorbeoordelaars tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees vanaf 19 tot 24 Augustus was Marlo Minnaar, Jacques Bessenger, Lindsey Cele en Wilhelm van der Walt.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 24 Augustus bekendgemaak.
BESTE KLANKOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Jano Lötter |
KAMP SAAM |
Hoërskool Durbanville |
Helé Erasmus |
weg |
Hoërskool Durbanville |
Kayelin van Vuuren |
Boekenjin |
Hoërskool Parel Vallei |
Wenner:
BESTE BELIGTINGSOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Kate Cornelissen |
Broksel |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
Minki Brink |
weg |
Hoërskool Durbanville |
Waldo van Zyl |
Kantlyn |
Paul Roos Gimnasium |
Wenner:
BESTE VERHOOGBESTUURDER
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Kayla Weideman en Marijke Hamann |
KAMP SAAM |
Hoërskool Durbanville |
Anneh Mitrovich en Emma Beukes |
Boekenjin |
Hoërskool Parel Vallei |
Juan Visagie |
Stoepmaatjie |
Hoërskool DF Malan |
Wenner:
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Mensdom |
Curro Durbanville Hoërskool |
VIR SPOT |
Hoërskool Parel Vallei |
KAMP SAAM |
Hoërskool Durbanville |
weg |
Hoërskool Durbanville |
Boekenjin |
Hoërskool Parel Vallei |
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Qurin Janse van Rensburg as Ford |
’n Ballade vir die straat |
Hoërskool Bellville |
Francois Odendaal as Spook |
Kantlyn |
Paul Roos Gimnasium |
Tyler Julisen as David Alborough |
Om lief te hê |
Hoërskool Tygerberg |
Keane Berry as Mikyle Jacobs |
Om lief te hê |
Hoërskool Tygerberg |
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Megan Schweers as Stella |
VIR SPOT |
Hoërskool Parel Vallei |
Inge Dippenaar as Karen van der Wolf |
Vreet |
Curro Durbanville Hoërskool |
Zia Saaiman as Hope Beker |
Om lief te hê |
Hoërskool Tygerberg |
Karen Kuzanga as Nadene Mbaya |
Om lief te hê |
Hoërskool Tygerberg |
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N HOOFROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Francois Retief as Spot |
VIR SPOT |
Hoërskool Parel Vallei |
Sebastian van Niekerk as Sebastian |
VIR SPOT |
Hoërskool Parel Vallei |
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N HOOFROL
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Keanté Korkie as Jackie |
’n Ballade vir die straat |
Hoërskool Bellville |
Lyla Botha as Kampberader |
KAMP SAAM |
Hoërskool Durbanville |
Amelie Bruwer as Elsabé |
weg |
Hoërskool Durbanville |
Inge Dippenaar as Dood |
Mensdom |
Curro Durbanville Hoërskool |
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
VIR SPOT |
Hoërskool Parel Vallei |
KAMP SAAM |
Hoërskool Durbanville |
weg |
Hoërskool Durbanville |
Mensdom |
Curro Durbanville Hoërskool |
Boekenjin |
Hoërskool Parel Vallei |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Lize-Meri Amann en Deon van Zyl |
Mensdom |
Curro Durbanville Hoërskool |
Darryl Spijkers |
Boekenjin |
Hoërskool Parel Vallei |
Chanté Viljoen en Lyla Botha |
KAMP SAAM |
Hoërskool Durbanville |
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Wenner:
Nege ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste het regoor Suid-Afrika plaasgevind met 3 000 tieners in 187 produksies wat gehore simbioties laat saamleef het. Die topproduksies word nou na die nasionale Simbiose-finaal genooi, wat vanaf 23 tot 28 September by die Kunstekaap in Kaapstad plaasvind.
Hou die ATKV se webwerf en sosialemediablaaie op Dinsdag 27 Augustus dop vir die bekendmaking van hierdie nasionale finaliste.