Vyf stemme haal saam asem: Sêr-finaliste aangekondig
Vyf sêrgroepe. Vyf produksies. Vyf heeltemal verskillende wêrelde.
Hierdie sêrproduksies haal op Maandag 28 September 2026 saam asem op een verhoog wanneer die vyf ATKV-Sêr-finaliste deel vorm van die ATKV-Toneelaanbod se nasionale ASEM-finaal by die Kunstekaap in Kaapstad.
ATKV-Sêr het vanjaar verder gegroei as ’n opwindende deel van die ATKV-Toneelaanbod, met Sêr-groepe wat tydens verskeie ATKV-Tienertoneel-streeksfeesfinale die verhoog betree het. Met humor, karakter, musikaliteit, oorspronklike konsepte en hope energie het die groepe gewys dat Sêr veel meer kan wees as net ’n liedjie – dit kan ’n storie word.
En nou is vyf Sêr-groepe genooi om hul stories op die nasionale verhoog te laat asemhaal.
Die ATKV-Sêr-finaliste, in alfabetiese volgorde, is:
Die nasionale titel wag
Wanneer die vyf finaliste op 28 September die Kunstekaap-verhoog betree, is daar ook ’n gesogte nasionale titel op die spel.
Die wenproduksie van ATKV-Sêr 2026 stap weg met R20 000 én die gesogte ATKV-Sêr-wisseltrofee – maar vir dié vyf groepe is die uitnodiging na die nasionale ASEM-finaal reeds ’n besondere prestasie.
Nou wag daar nog een verhoog, nog een optrede en die kans om hul stem op nasionale vlak te laat hoor.
Wanneer nóg stemme by die Toneelaanbod aansluit
ATKV-Sêr se groei binne die ATKV-Toneelaanbod skep nóg ’n ruimte waar jongmense kan waag, saamwerk en hul kreatiwiteit laat hoor.
Deur die streekseisoen het die groepe ook pasgemaakte stemnotas van die mentors ontvang – terugvoer wat hulle die geleentheid gee om ná hul optrede verder te ontwikkel en met nuwe insig na hul werk te kyk.
Die uitnodiging van vyf produksies na die nasionale finaal is daarom nie net ’n viering van dié groepe se prestasie nie. Dit wys ook hoe die ATKV-Toneelaanbod aanhou groei om meer vorme van jong kreatiewe uitdrukking ’n tuiste te gee.
Meer stemme. Meer stories. ’n Toneelaanbod wat elke jaar ’n bietjie dieper asemhaal.
Vyf groepe. Een Kunstekaap-verhoog.
Die vyf ATKV-Sêr-finaliste tree op Maandag 28 September 2026 tydens die nasionale ASEM-finaal by die Kunstekaap in Kaapstad op.
Kaartjies is vanaf 9 September via Webtickets en by die Kunstekaap-kaartjiekantoor beskikbaar.
Kom haal saam asem.