Wenners van 2024 ATKV-DigiGedigte aangekondig
ATKV-DigiGedigte, die ATKV se digitale kompetisie vir digters, is vanjaar vir die eerste keer aangebied. Woordsmede is uitgenooi om hul poësie-pennevrugte vlerke te gee en verse rondom die volgende vyf temas in te skryf:
- ’n Natuurgedig
2. ’n Reisgedig
3. ’n Komiese gedig
4. Kosbare dinge
5. Die stories op mense se gesigte
Deelnemers kon binne sekere grense na gelang van die kategorie waarin hulle inskryf enige gedig vir beoordeling voorlê, solank dit oorspronklik is en die temas betrek. Die kompetisie was oop vir deelnemers van graad 6 tot 12 (Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal), maar volwassenes kon ook hul beste poësie inskryf.
Dit is ’n voorreg om die wenners van ATKV-DigiGedigte 2024 aan te kondig. Die wengedigte word op die ATKV-webwerf geplaas.
Graad 6 en 7, Afrikaans Huistaal
Deelnemer se naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
Liani Gouse |
Laerskool Elarduspark |
A+++ |
Graad 8 en 9, Afrikaans Huistaal
Deelnemer se naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
René Smal |
Impaq |
A+ |
Graad 8 en 9, Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Deelnemer se naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
Alivia Ferreira |
Penryn Nelspruit |
A++ |
Graad 10 tot 12, Afrikaans Huistaal
Deelnemer se naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
Nanette Jordaan |
C & N Sekondêre Meisieskool Oranje |
A+++ |
Volwassenes, Afrikaans Huistaal
Deelnemer se naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
Elsabé Groenewald |
N.v.t. |
A+++ |
Volwassenes, Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Deelnemer se naam en van |
Titel van die gedig |
Opvoedkundige instansie |
Simbool |
Juan Potgieter |
N.v.t. |
B+ |
Baie geluk!