Wes-Kaap se stories haal asem op die Baxter-verhoog
Kaapstad se teaterligte het die afgelope paar dae helder op ’n nuwe generasie van storievertellers geskyn. Van 20 tot 22 Augustus 2026 het die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch die tuiste geword van ATKV-Tienertoneel se Wes-Kaap-streeksfees 1, waar 201 deelnemers in 11 produksies hul stories, idees en kreatiewe energie met gehore gedeel het.
Onder vanjaar se tema, “ASEM”, het jong teatermakers weer gewys hoe ’n verhoog ruimte kan skep vir uiteenlopende stemme. Elke produksie het sy eie wêreld oopgemaak met jong spelers en produksiespanne wat die geleentheid aangegryp het om te speel, te ondersoek en hul eie teaterstem te ontdek.
Dit is juis hierdie verskeidenheid wat ná 62 jaar van ATKV-Tienertoneel steeds opval: elke nuwe generasie bring ander vrae, ander stories en ’n nuwe asem na die verhoog.
Mentorskap laat die gesprek verder leef
Die Wes-Kaapse produksies is vanjaar begelei deur mentorbeoordelaars Bianca Flanders, Jacques Bessenger, Karli Heine en Kanya Viljoen.
Ná elke opvoering het deelnemers tydens intieme mentorsessies saam met die mentors oor hul werk gesels. Spel, regie, tegniese keuses en storievertelling word ondersoek, maar die gesprek gaan ook oor die groter vraag: Hoe neem ’n mens ’n kreatiewe idee en laat dit werklik voor ’n gehoor leef?
Hierdie mentorsessies is ’n belangrike deel van die ontwikkelingshart van ATKV-Tienertoneel. Dit gee jong kunstenaars die geleentheid om oor hul keuses te besin, nuwe moontlikhede raak te sien en met groter selfvertroue hul volgende tree op die verhoog te gee.
Wes-Kaap se uitblinkers word vereer
Die streeksfees is op 22 Augustus met ’n feestelike finaal en prysuitdeling afgesluit, waar uitstaande werk op én agter die verhoog erken is.
TEGNIESE TOEKENNINGS
Beste verhoogbestuurder
Nominasies
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Emma Howard, Caro Thirion en Josh Robertson |
Onderwater |
DF Akademie |
|
Bethany Wentzel |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Grete Spruyt |
Die republiek van môre |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
Beste beligtingsoperateur
Nominasies
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
William Inggs en Marais Lindeque |
Man in die maan |
CURRO Durbanville Hoërskool |
|
Megan Odendaal en Melissa Smit |
As die trein kom |
Hoërskool Langenhoven (Riversdal) |
|
Marlene du Toit |
Die republiek van môre |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
Wenner: Megan Odendaal en Melissa Smit in die produksie As die trein kom van die Hoërskool Langenhoven (Riversdal)
Beste klankoperateur
Nominasies
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Lili du Toit |
Surprise, Poplap! |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
|
Leander Eloff |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies
|
Produksie |
van |
|
Die kandidaat |
Hoërskool Stellenbosch |
|
Man in die Maan |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
TOEKENNINGS VIR SPEL
Beste akteur/aktrise in ’n kameerol
Nominasies
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Berné Peters |
Rot Koning |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
|
William le Roux |
Polisieman |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Sophia Kruger |
Susanna |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
William le Roux |
Sporty-muis |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Jacques Joubert |
Boeremuis |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Yanke Aggenbach |
Ouma Martha |
Surprise, Poplap! |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
|
Carli Erasmus |
Babamuis |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Johan Swanepoel |
Jakub Tomczak |
Die kandidaat |
Hoërskool Stellenbosch |
|
Jesse Nel |
Janusz Kowalski |
Die kandidaat |
Hoërskool Stellenbosch |
|
Daniël Grobler |
Daniël |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Emelyn Snyman |
Dr. Joanna Dąbrowska |
Die kandidaat |
Hoërskool Stellenbosch |
|
Mia Duvenhage |
Ronel |
Surprise, Poplap! |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
|
Mikayla Koen |
Sue |
Surprise, Poplap! |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
|
Iza Janse van Rensburg |
Candice |
Surprise, Poplap! |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
|
Celeste Grobler |
Celeste |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste ensemble
Nominasies
|
Produksie |
van |
|
Surprise, Poplap! |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
|
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
PRODUKSIETOEKENNINGS
Beste regie
Nominasies
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
André Gerber en Andrea Staude |
Die kandidaat |
Hoërskool Stellenbosch |
|
Darryl Spijkers en Zane Habig |
DAPPERHUIS |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste produksie
Maar die laaste asem is nog lank nie uitgeblaas nie.
Die 62ste ATKV-Tienertoneel beweeg nou sy laaste week van streeksfeeste binne. Van 24 tot 29 Augustus neem 499 deelnemers in 29 produksies die UNISA-kleinteater in Pretoria oor vir Gauteng-streeksfees 4.
Die Baxter-verhoog kry skaars kans om asem te skep, want vanaf 25 tot 29 Augustus keer ATKV-Tienertoneel terug vir Wes-Kaap-streeksfees 2, waar nóg 351 deelnemers in 20 produksies gereed staan om hul stories te vertel.
Daarna is al die streeksverhoë stil en begin die afwagting oor watter produksies genooi sal word om hul stories tydens die ATKV-toneelaanbod se nasionale finaal van 28 September tot 3 Oktober in die Kunstekaap-teater in Kaapstad verder te laat asemhaal.
Programme, skedules, kaartjies, foto’s, feesnuus en uitslae is beskikbaar by www.asem.in.
Kom haal saam asem.