Wes-Kaap-tjokkers sluit die asemseisoen op ’n hoë noot af
Elke seisoen begin met ’n eerste asemteug en eindig uiteindelik met daardie laaste, trotse buiging voor die ligte doof.
Van 17 tot 19 Augustus 2026 het die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch die verhoog laat leef vir die laaste streeksfees van die sesde ATKV-Tjokkertoneel, waar 576 tjokkers in 23 produksies die streeksseisoen met kleur, energie en ’n oorvloed jong talent afgesluit het.
Onder vanjaar se tema, “ASEM”, het die Wes-Kaapse deelnemers gewys hoe groot jong verbeelding kan droom wanneer dit ruimte kry om te speel. Die verhoog is gevul met stories, karakters en kreatiewe keuses wat telkens daaraan herinner het waarom Tjokkertoneel so ’n belangrike eerste tree in ’n jong kunstenaar se teaterreis kan wees.
Met hierdie laaste streeksfees het die nasionale Tjokkertoneelseisoen ’n indrukwekkende mylpaal bereik: altesaam 1 325 tjokkers in 60 produksies het vanjaar regoor Suid-Afrika deelgeneem.
Mentorskap wat die laaste applous oorleef
Die Wes-Kaapse produksies is vanjaar begelei deur mentorbeoordelaars Bianca Flanders en Jacques Bessenger.
As deel van ATKV-Tjokkertoneel se ontwikkelingsfokus ontvang elke produksie pasgemaakte stemnotas van die mentors. Hierdie terugvoer bied aan deelnemers en onderwysers praktiese leiding en aanmoediging om lank ná die fees steeds oor hul werk te besin, nuwe idees te ondersoek en hul liefde vir teater verder te laat groei.
Dit is juis dié kombinasie van speel, leer en ontdek wat die sesde ATKV-Tjokkertoneel so besonders maak. Die applous is belangrik, maar die ervaring en groei wat deelnemers saamneem, leef veel langer.
Wes-Kaap se jong uitblinkers word vereer
Die streeksfees is op 19 Augustus met ’n feestelike prysuitdeling afgesluit, waar uitstaande spel, kreatiwiteit en produksiewerk erken is.
TEGNIESE TOEKENNINGS
Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies
|
Produksie |
van |
|
Hart |
Laerskool Bastion |
|
BRANDarm |
Laerskool De Hoop |
|
A++ |
Laerskool Durbanville |
|
UIL |
Laerskool Beaumont |
TOEKENNINGS VIR SPEL
Beste tjokkerakteur
Nominasies
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Dawid Bruwer |
Willem van Wyk |
Die Bruilof |
Laerskool Welgemoed |
|
Rijk Laubscher |
Liam |
Seisoene van Suurstof |
Laerskool De Hoop |
|
Franco van der Merwe |
Driekus Driehoek |
Sirkels is nie plat nie |
Laerskool Durbanville |
Beste tjokkeraktrise
Nominasies
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Leone Walters |
Proto |
Hart |
Laerskool Bastion |
|
Nina Sahd |
Miemie Marais |
Die Bruilof |
Laerskool Welgemoed |
|
Juliet Greeff |
Santie |
Die Bruilof |
Laerskool Welgemoed |
|
Jana Buys |
Saugvignon / Sonja Bremmer |
A++ |
Laerskool Durbanville |
|
Sienna Shedden |
Olivia (Uil) |
UIL |
Laerskool Beaumont |
Beste tjokkerensemble
Nominasies
|
Produksie |
van |
|
BRANDarm |
Laerskool De Hoop |
|
A++ |
Laerskool Durbanville |
PRODUKSIETOEKENNINGS
Beste regie
Nominasies
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Jan Burger |
Hart |
Laerskool Bastion |
|
Veronica Geldenhuys en Tronéll Lessing |
A++ |
Laerskool Durbanville |
|
Megan Grobbelaar |
UIL |
Laerskool Beaumont |
Beste produksie
Met die laaste streeksfees nou afgehandel, verskuif die fokus na die volgende groot oomblik van die seisoen. Die nasionale ATKV-Tjokkertoneelfinaliste word Maandag 24 Augustus aangekondig en sal genooi word om deel te wees van die ATKV-Toneelaanbod se nasionale finaal, wat van 28 September tot 3 Oktober in die Kunstekaap-teater in Kaapstad plaasvind.
Vir sommige jong kunstenaars is hierdie dalk die einde van vanjaar se verhoogreis. Vir ander is dit die begin van die volgende hoofstuk. Maar vir elke tjokker wat vanjaar deelgeneem het, het daar iets begin asemhaal: selfvertroue, verbeelding en ’n liefde vir teater wat nog lank sal voortleef.
Dankie dat jy saam asemgehaal het.