Skip to the content

DigiKuns

digikuns

DigiKuns: Wys jou kreatiwiteit

DigiKuns is ’n opwindende, nuwe digitale kunsplatform wat ’n unieke, kreatiewe uitdaging aan laer-, hoërskoolleerders, studente, volwassenes en senior burgers binne en buite Suid-Afrika se landsgrense stel.

Nou is die tyd vir die jeug om hulself te bemagtig

Ter viering van Jeugdag gee die ATKV toe dat die inperking baie eise aan die jeug stel, maar ons glo dit is juis nou die tyd vir jongmense om aanpasbaar te wees en hulle vaardighede op te skerp.

ATKV-DigiProjekte is hier!

’n Verskeidenheid van splinternuwe projekte gaan deur die ATKV aanlyn aangebied word en is ook vir die eerste keer toeganklik vir dié wat oorsee bly, maar passievol oor Afrikaans is.