ATKV-Applous 2025: Fees van note lê voor

Suid-Afrika se oudste en mees gewilde skoolkoorkompetisie vind weer in 2025 plaas!
ATKV-Applous se streeksfeeste vind vanaf 5 tot 29 Mei 2025 regoor die land en in Namibië plaas. Vanjaar word ATKV-Applous al vir die 48ste jaar aangebied. In 2024 het ’n indrukwekkende 292 kore deelgeneem en die beoordelaars het na meer as 16 000 leerders geluister. Die deelnemende kore betower gehore van heinde en verre, en laat mens opnuut verwonderd staan oor die betowerende mag van koormusiek.
In 2025 gaan duisende jong stemme weer die verhoog tydens ATKV-Applous met lewendige koorsang vul. Dit maak nie saak of jou koor splinternuut of gevestig is nie, of dit ’n gemengde, seuns- of dogterskoor is nie – by ATKV-Applous is daar ’n tuiste vir elke stem! Van beginners tot die mees ervare sangers is almal welkom om deel te wees van hierdie besonderse musiekfees. En onthou: koorsang is nie net harde werk nie – dis ’n fees van note!
In Julie 2025 vind die nasionale finaal van ATKV-Applous in die ZK Matthews-grootsaal by UNISA plaas wanneer kore van regoor die land na Pretoria reis om mekaar in verskillende kategorieë uit te daag.
Die sperdatum vir inskrywings vir vanjaar se ATKV-Applous-koorkompetisie is Woensdag 26 Februarie 2025. Klik hier om in te skryf.
Vir navrae, kontak gerus vir Bessie Keun (072 598 1480, Bessie@applous.co.za) of Corneli Quinn (011 919 9012, corneliq@atkv.org.za).
Klik hier vir meer inligting oor ATKV-Applous.