ATKV-Applous 2026: Finaliste bekend!
ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika en vanjaar word die finaal van hierdie toonaangewende kompetisie vir die 49ste keer aangebied. Die finaal, wat oor vier dae strek, word van 29 Julie tot 1 Augustus 2026 in die Kaapstadse Stadsaal aangebied.
In 2026 het ’n indrukwekkende 314 kore, wat meer as 22 000 hoër- en laerskoolleerders verteenwoordig, vir die kompetisie ingeskryf. Die ATKV-Applous-span, vergesel van ’n afvaardiging van Suid-Afrika se mees kundige en gesaghebbende koorbeoordelaars, het gedurende Mei na 18 bestemmings regoor Suid-Afrika gereis met die doel om die land se topkore te identifiseer. Die eerste naweek in Junie reis die span na Namibië om ook daar die beste skoolkore te identifiseer.
Die volgende kore (in alfabetiese volgorde) dring deur na die finaal te Kaapstad:
Woensdag 29 Julie 2026
Laerskool: Ope
- Laerskool Laeveld
- Sal aangekondig word
- Sal aangekondig word
Laerskool: Meriete (Afrikaans)
- Laerskool Constantiapark
- Laerskool Kenridge
- Laerskool Kruinsig
- Sal aangekondig word
Hoërskool: Ope
- Bishops Diocesan College
- Hoërskool Uitenhage
- Pretoria High School for Girls
Donderdag 30 Julie 2026
Laerskool: Meriete (nie-Afrikaans)
- Grantham Park Primary School
- Laerskool van Riebeeckpark
- Lesedi Primary School
Laerskool: Prestige
- Laerskool Durbanville
- Laerskool Elarduspark
- Laerskool Gene Louw
- Laerskool Mooirivier
- Table View Primary
Vrydag 31 Julie 2026
Hoërskool: Meriete Gemeng
- Cornwall Hill College
- Hoërskool Akasia
- Hoërskool Generaal Hertzog
- Hoërskool Stellenbosch
- Hoërskool Zwartkop
- HTS Drostdy
- Rietondale High School
Hoërskool: Meriete Meisies
- Collegiate Girls’ High School
- Hoër Meisieskool La Rochelle
- Riebeek College Girls’ High School
- St. Michael’s School for Girls
Hoërskool: Meriete Seuns
- Paul Roos Gimnasium (Kamerkoor)
- Tygerberg High School
Saterdag 1 Augustus 2026
Hoërskool: Prestige Gemeng
- DF Akademie
- Die Hoërskool Menlopark
- Hoërskool Ferrum
- Hoërskool Waterkloof
Hoërskool: Prestige Meisies
- Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
- C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
- Clarendon High School for Girls
- Eunice High School
- Hoërskool Stellenberg
Hoërskool: Prestige Seuns
- Afrikaanse Hoër Seunskool
- Paul Roos Gimnasium
Volgens Gisela de Villiers, beoordelaar van die landswye streeksfeeste, is sy jaarliks verstom oor hoe die standaard van Suid-Afrikaanse skoolkore verbeter. De Villiers is vas oortuig dat die beste kore môre op enige wêreldverhoog sal kan meeding.
Kontak gerus vir Corneli Quinn, ATKV-Applous-projekorganiseerder, per e-pos by corneliq@atkv.org.za of telefonies by 011 919 9012, of vir Bessie Keun, ATKV-Applous-organiseerder, by bessie@applous.co.za of telefonies by 072 598 1480 vir enige navrae.
Vir meer inligting oor ATKV-Applous, besoek gerus die Applous-webblad by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/applous/.