ATKV-Applous 2026: Top- junior kore is bekend!
Die finale aande van die gesogte ATKV-Applous-skoolkoorkompetisie het vanjaar vanaf Woensdag 29 Julie tot Saterdag 1 Augustus in die Kaapstadse Stadsaal plaasgevind.
Die ATKV-Applous-skoolkoorkompetisie bied aan leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef.
’n Indrukwekkende 314 hoër- en laerskoolkore het gedurende Mei 2026 aan ATKV-Applous se streeksfeeste deelgeneem, wat ’n rekordgetal van 63 junior kore insluit.
Junior kore, vir leerders van ongeveer 6 tot 8 jaar oud, neem in drie kategorieë aan die kompetisie deel, insluitend ’n kategorie vir Afrikaanse en nie-Afrikaanse kore, asook ’n ope-afdeling.
In die junior Afrikaanse kategorie sing die koorlede onder meer die voorgeskrewe werk, “Stinkgogga” deur Riekie van Aswegen. In die nie-Afrikaanse kategorie moet die kore Gisela de Villiers se “Maak ’n slang jou bang?” as voorgeskrewe werk sing.
Vir die ope-afdeling hoef die kore nie ’n voorgeskrewe werk te sing nie. In hierdie geval verkies die koorleiers van die junior kore om kinderliedjies of volksliedjies te kies.
Hiermee word die top- junior kore van 2026 bekendgemaak. Die hoeveelheid topkore in elke afdeling word bepaal deur die hoeveelheid inskrywings in daardie afdeling ontvang.
ATKV-APPLOUS 2026 TOP- 10 JUNIOR KORE: Afrikaans
|
|
Skool |
Punt |
Koorleier |
|
1 |
C&N Primêre Meisieskool Oranje |
88,66 |
Werner Stander |
|
2 |
Laerskool Elarduspark |
88 |
Hanneline de Bruin |
|
3 |
Laerskool Kruinsig |
87 |
Elana Neethling |
|
4 |
Laerskool Wierdapark |
86,83 |
Annatjie Fourie |
|
5 |
Laerskool Eversdal |
86,75 |
Aneske Jacobs |
|
5 |
Primêre Skool Worcester |
86,75 |
Hanlie Bruyns |
|
6 |
Laerskool Nelspruit |
86,5 |
Isabel van Veenhuyzen |
|
7 |
Laerskool Mooirivier |
86,25 |
Michelle Hendriks |
|
8 |
Laerskool Lynnwood |
85,16 |
Nanri Pretorius |
|
9 |
Hoër Meisieskool Paarl |
85,03 |
Elizma van Zyl |
|
10 |
Laerskool Monumentpark |
85 |
Anton Pottas |
ATKV-APPLOUS 2026 TOP- 5 JUNIOR KORE: nie-Afrikaans
|
1 |
Laerskool Kenridge |
86,75 |
Nelmarie Strydom |
|
2 |
Laerskool van Riebeeck Park |
85,75 |
Gert Pottas |
|
3 |
Table View Primary |
85,25 |
Lesca Buys |
|
4 |
Laer Meisieskool La Rochelle |
84,37 |
Bennita Visagie |
|
5 |
Laerskool Excelsior |
84,25 |
Adèle Basson |
ATKV-APPLOUS 2026 TOP- 3 JUNIOR KORE: Ope-afdeling
|
1 |
Laerskool Tygerpoort |
85,75 |
Nidia Coetzee |
|
2 |
Laerskool Anton van Wouw |
85,5 |
Nanri Pretorius |
|
3 |
Laerskool Hartenbos |
84 |
Irma Eilerd |
|
3 |
Laerskool Laeveld |
84 |
Elet Kruger |
|
3 |
Laerskool Middelburg |
84 |
Stephné Pieterse |
Junior koorsang speel ’n sleutelrol in die ontwikkeling van jong kinders. Van kleins af word selfvertroue en ’n liefde vir musiek bevorder en luister-, taal-, en sosiale vaardighede soos samewerking en spanwerk word by die kleinspan ontwikkel. Boonop stimuleer junior koorsang breinontwikkeling en help met konsentrasie, geheue en emosionele uitdrukking.
Kontak gerus vir Corneli Quinn, ATKV-Applous-projekorganiseerder, per e-pos by corneliq@atkv.org.za of telefonies by 011 919 9012, of vir Bessie Keun, ATKV-Applous-organiseerder, by bessie@applous.co.za of telefonies by 072 598 1480 vir enige navrae.
Vir meer inligting oor ATKV-Applous, besoek gerus die ATKV-Applous-webblad by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/applous/.
Luister ook na Corneli Quinn se gesprek op RSG se Op en Wakker oor koormusiek hier: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooisnitte/koormusiek-bring-derduisende-kinders-byeen-oor-byna-50-jaar/.