ATKV-Crescendo 2022/23 se finaliste bekend

Die tyd het uiteindelik aangebreek! Ná maande se mentorskap en oefening gaan die ATKV-Crescendo-musiekontwikkelingsprogram 2022/23 se finaliste aan die wêreld bekendstel.
Die Sit dit aan-produksie wat op 8 Oktober gaan plaasvind, beloof om ’n viering van plaaslike, opkomende talent te wees. Die konsert, wat in die vorm van ’n lewendige televisieopname aangebied gaan word, gee die jongelinge die kans om voor ’n gehoor op te tree. Die verhoog word gedeel met van die projek se mentors, soos Anna Davel, Petronel Baard, Robin-Dean Fourie, Whaden Johannes en Gracia Nicholls. South Roots International, ’n organisasie wat fokus op die bemagtiging van agtergeblewe gemeenskappe deur middel van onder andere musiek, se kunstenaars gaan die aand open.
Kreatiewe direkteur Robin-Dean Fourie vertel dat Sit dit aan die hoogtepunt is van ’n jaarlange soektog na Suid-Afrika se onontdekte musikale talent. “Deel van ons program se doel is om vir die finaliste platforms te skep waartydens hulle aan die publiek bekendgestel word. Hierdie geleenthede is ook perfek om ’n netwerk van medekunstenaars en ondersteuners op te bou.”
Die Arendsvlei-akteur en een van Crescendo se vorige finaliste, Whaden Johannes, ATKV-Crescendo se kreatiewe direkteur, Robin-Dean Fourie, en huidige finalis, Athina Jansen, gaan as seremoniemeesters die aand se verrigtinge lei.
Hierdie jaar se finaliste, wat tydens produksie te siene gaan wees, is:
- Aidam-John Zekoe
- Alzanley Noome
- Annika Boshoff
- Athina Jansen
- Chresville Adendorf
- Leandi Schmidt
- Leigh-Muir Booysen
- Marsha Bothma
- MJ Scholtz
- Renée van Niekerk
- Selby Williams
- Suné Damons
FUNKSIEBESONDERHEDE
Plek: The Daisy Jones Bar at OMG, Summerhill-wynlandgoed, R44, Stellenbosch
Kaartjiepryse: R200 per persoon. Kaartjies vir twee persone word teen R500 verkoop, wat pizza en wyn insluit. Groepbesprekings vir 10 gaste is R1200. Kaartjies kan gekoop word deur Quicket (www.quicket.co.za). Stuur ’n WhatsApp-boodskap na 064 968 2015 om besprekings vir ses mense en meer te maak. Sluit jou naam, die datum van die produksie en die hoeveelheid gaste vir wie jy die bespreking wil doen by die boodskap in.
Datum: Saterdag, 8 Oktober 2022
Tyd: Deure open om 18:00, die vertoning begin om 19:00.
Wie weet – miskien verskyn jy ook op die kassie!
Volg die skakel vir direkte besprekings: https://www.quicket.co.za/events/191274-sit-dit-aan/?ref=events-list#/
MEER BESONDERHEDE OOR ATKV-CRESCENDO:
Webwerf: https://atkv.org.za/nuus/categories/atkv-crescendo/
Facebook: https://www.facebook.com/atkvcrescendo
Instagram: https://www.instagram.com/atkv.crescendo/