ATKV-DigiSkryf 2026: Wenners is bekend!
ATKV-DigiProjekte het ten doel om kreatiwiteit en vaardighede aan te wakker, en die aanlyn aard daarvan beteken enigiemand kan deelneem, ongeag waar in die land – of die wêreld – jy jou bevind.
ATKV-DigiSkryf 2026 het deelnemers uitgenooi om in verskeie kategorieë skryfstukke met die volgende temas in te dien:
- Die beste medisyne is lekker lag.
- Ag, as mense maar net…
- Wanneer musiek begin speel.
Volgens die beoordelaars was inskrywings van hoogstaande gehalte. Sommige verhale se trefkrag was egter gekortwiek deur die gebruik van die verlede tyd. Hulle beveel aan dat skrywers hul stories in die teenwoordige tyd skryf om die leser dadelik mee te sleur en ’n gevoel van tasbaarheid te skep.
Daar was ook enkele skrywers wat die tweedepersoonsverteller – ’n baie raar verskyning in Afrikaanse fiksie – gebruik het. Dit skep verwydering tussen die leser en die storie.
Die beoordelaars meen ons jeug het hope skryftalent en fantastiese verbeelding, en hulle sien uit om te sien wat hierdie name in die toekoms met hul skryftalent vermag.
Die 2026 DigiSkryf-wenners is:
|
Graad of ouderdom |
Deelnemer naam en van |
Tema |
Onderwerp |
Instansie |
Simbool |
|
Graad 4 en 5 |
Simoné Steenberg |
Ag, as mense maar net… |
Laerskool Randhart |
A+++ |
|
|
Graad 6 en 7 |
Milan Potgieter |
Die beste medisyne is lekker lag. |
Laerskool Randhart |
A++ |
|
|
Graad 8 en 9 |
Emma Schneeberger |
Wanneer musiek begin speel. |
DF Akademie |
A+++ |
|
|
Graad 10 tot 12 |
Mathew Clarke |
Ag, as mense maar net… |
Hoërskool Brackenfell |
A++ |
|
|
Studente |
Marli Viljoen |
Wanneer musiek begin speel. |
Privaat |
A |
|
|
Volwassenes (25 tot 59 jaar) |
Friedrich W. Schmidt |
Wanneer musiek begin speel. |
|
A+++ |
|
|
Senior burgers (60 jaar en ouer) |
Marietjie Steenkamp |
Wanneer musiek begin speel. |
|
A+ |
Hartlik geluk aan al die wenners!
Ontdek ’n kleurvolle kultuurspektrum onder die ATKV se DigiProjekte-sambreel. Daar is iets vir almal – die grootpraters, die kreatiewes, die taalboffins en selfs dié wat hulle nou in die buiteland bevind! Klik hier vir meer inligting oor ons DigiProjekte: https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/