ATKV-DigiSpanpraat 2023: Hier is die wenspanne!
660 jong redenaars het vanjaar in spanne hul gekose onderwerpe met kreatiewe invalshoeke, innoverende uitgangspunte en genoeg gees en ywer getakel!
Na afloop van die evaluasieronde is dit duidelik dat spanwerk sowaar sentraal gestaan het en dat die boustene van deeglike beredenering die spanne gehelp het om nuwe hoogtes te bereik!
Dit is vir die ATKV ’n voorreg om aan elke span wat vanjaar presteer het erkenning te gee, asook aan elkeen wat die geleentheid vir gesonde wedywering en spangees aangegryp het! Baie geluk!
Die topspanne in elke kategorie is:
Graad 1 Afrikaans Huistaal-spanne
Laerskool Kruinsig |
Abiah Steyn, Ariana du Preez, |
Afrikaans is nie ’n oerdier nie! |
A |
Graad 2 Afrikaans Huistaal-spanne
Laerskool Lynnwood |
Neo Senekal, Luhard Janse van Vuuren, Mika de Wet en Elaina Kruger |
Lees is REGTIG ’n fees. |
A |
Graad 3 Afrikaans Huistaal-spanne
Laerskool Lynnwood |
Melanje Maasdorp, Benjamin Ströhfelt, Annabelle Janse van Rensburg en Noah Hayes |
Kinders moet gesien, gehoor en geantwoord word. |
A+ |
Graad 4 Afrikaans Huistaal-spanne
Laerskool Lynnwood |
Cullen Naudé, Bella Wolfaardt, |
Moenie van ’n muggie ’n OLIFANT maak nie. |
A+ |
Graad 5 Afrikaans Huistaal-spanne
Laerskool Wierdapark |
Karlien Kruger, Emma van der Walt, Jano Bosch en Tiaan Stolp |
Redenaars moet ’n verpligte vak wees. |
A+ |
Graad 6 Afrikaans Huistaal-spanne
Laerskool Randhart |
Conner Roesch, Isabell Bothma, Mardi Barkhuizen en Mischè Nel |
Tik, tik, tok – wat kom aan jou deur klop? Sosiale media is negatief vir ons kinders |
A+ |
Graad 7 Afrikaans Huistaal-spanne
Laerskool Park |
Livia Gericke, Karli-Louise Weston, Cara Bosman en Sadie Quinton |
Realiteitsprogramme is ’n doring in die vlees waarsonder die mensdom liefs moet wees. |
A+ |
Graad 8 Afrikaans Huistaal-spanne
Hoërskool Marais Viljoen |
Rumay van Vuuren, Zante McCallaghan, Katelin Heymans en Chenique Bokhorst |
As ouers nie toutjies trek nie, kom sussie nêrens nie. |
A |
Graad 9 Afrikaans Huistaal-spanne
Hoërskool Waterkloof |
Aiden Thompson, Nika Meiring, Nicholis Meiring en Adey van Niekerk |
Groepwerk geniet te veel aansien. |
A+ |
Graad 10 Afrikaans Huistaal-spanne
Helpmekaar Kollege |
Kristen Stemmet, Emile du Toit, Vanessa Langford en Martin Koen |
Gly of ry – ons bly! |
A+ |
Graad 11 Afrikaans Huistaal-spanne
Hoërskool Marais Viljoen |
Logan van der Merwe, Leché Steenberg, Carel van der Merwe en Nikita Hoffman |
Aktivisme is onaktief. |
A+ |
Graad 12 Afrikaans Huistaal-spanne
Helpmekaar Kollege |
Vian Singleton, Tessa Volschenk, Lehan Kruger en Lucia Swanepoel |
Skep jou eie loopbaan in die wêreld van K.I. |
A+ |
Om die volledige uitslae te sien, klik hier: https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digispanpraat/