ATKV-KomposisieKompetisie: Wenners aangekondig!

Die ATKV se jaarlikse KomposisieKompetisie is in 2025 vir die 25ste keer aangebied. Hierdie kompetisie het ten doel om Afrikaanse koorsang te bevorder deur nuwe, vars Afrikaanse koorwerke beskikbaar te stel wat deur die ATKV voorgeskryf word vir die nasionale ATKV-Applous-skoolkoorkompetisie.
’n Kernvereiste van inskrywings is dat die teks in Afrikaans moet wees. Komponiste mag van bestaande gedigte deur Afrikaanse digters gebruik maak, of hulle het die opsie om ’n nuwe teks te gebruik.
Toonsettings moet realisties uitvoerbaar wees en moet die beperkings van die spesifieke stemgroepe in ag neem. Laerskoolkinders het ’n baie spesifieke stemomvang, asook hoërskoolseuns wie se stemme pas verander het.
Komposisies word in 11 van ATKV-Applous se afdelings ontvang, met slegs die hoër- en laerskool ope-afdelings wat nie ’n voorgeskrewe werk sing nie. Vanjaar het die kompetisie ’n indrukwekkende 53 inskrywings gehad, met twee komponiste wat vir die eerste keer deelneem.
Uit die inskrywings wat ontvang word, word daar vir beide die laer- en hoërskole ’n eerste en tweede prys toegeken. In 2025 is die pryswenners as volg:
Laerskole
Eerste prys: “Daar is ’n blommetjie” deur Niel van der Watt
Tweede prys: “Stinkgogga” deur Riekie van Aswegen
Hoërskole
Eerste prys: “Sing, vinkie, sing” deur Niel van der Watt
Tweede prys: “Plaashek” deur Niel van der Watt
Die voorgeskrewe werke vir ATKV-Applous 2026 is:
Laerskole
Afdeling |
Voorgeskrewe lied |
Komponis |
Junior koor (Afrikaans) |
“Stinkgogga” |
Riekie van Aswegen |
Junior koor (nie-Afrikaans) |
“Maak ’n slang jou bang?” |
Gisela de Villiers |
Laerskool-meriete (Afrikaans) |
“H2O” |
Riekie van Aswegen |
Laerskool-meriete (nie-Afrikaans) |
“Jan Pierewiet” |
Gert Potgieter |
Laerskool-prestige |
“Daar is ’n blommetjie” |
Niel van der Watt |
Hoërskole
Afdeling |
Voorgeskrewe lied |
Komponis |
|
Meriete
|
Gemeng |
“Wees nie bevrees nie” |
Niel van der Watt |
Meisies |
“Daar oorkant die spruit” |
Anton Esterhuyse |
|
Seuns |
“Gebed” |
Niel van der Watt |
|
Prestige |
Gemeng |
“Die Protea-glorie” |
Morné van der Westhuizen |
Meisies |
“Sing, vinkie, sing” |
Niel van der Watt |
|
Seuns |
“Plaashek” |
Niel van der Watt |
Die ATKV-Applous- en -KomposisieKompetisiespan werk tans daaraan om die bladmusiek vir die voorgeskrewe werke vir publikasie gereed te kry. Die voorgeskrewe liedere sal teen einde November 2025 op die ATKV se amptelike webblad beskikbaar wees.
Die span is ook besig met die beplanning vir 2026, en die ATKV-Applous 2026-deelnemersgids sal teen einde November op die webblad beskikbaar sal wees.
Kontak gerus vir Corneli Quinn, ATKV-Applous-projekorganiseerder, per e-pos by corneliq@atkv.org.za of telefonies by 011 919 9012, óf vir Bessie Keun, ATKV-Applous-organiseerder, by bessie@applous.co.za of 072 598 1480 vir enige navrae oor die ATKV-KomposisieKompetisie of ATKV-Applous.
Besoek gerus die ATKV-KomposisieKompetisie- of ATKV-Applous-blaaie vir meer inligting.