ATKV-Redenaars 2027: Temas bekend!
Wat het ’n fluistering, ’n anker, ’n paspoort en ’n perspektief met mekaar gemeen? Hulle is van die temas waaruit jong redenaars in 2027 hul eie onderwerp en standpunt kan ontwikkel.
Die 2027-temas vir ATKV-Redenaars is bekend, en soos elke jaar wag daar ’n nuwe stel uitdagings op deelnemers om hul kreatiwiteit, redenasievermoë en oortuigingskrag op die proef te stel. Nou is dit tyd om ’n tema te kies, ’n beredeneerbare onderwerp daaruit te formuleer, jou navorsing te doen, jou argumente te slyp en jou stem te laat hoor.
Graad 1 tot 3 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal
- Fluister
- Skool
- Skryf
Graad 4 en 5 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal
- Wortels
- Gevaar
- Anker
Graad 6 en 7 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereide toesprake)
- Baken
- Paspoort
- Drempel
Graad 8 en 9 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)
- Grondslag
- Weerklink
- Tempo
Graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal en Addisionele Taal (Voorbereid)
- Rompslomp
- Tweespalt
- Perspektief
Die tema is slegs die begin. Die uitdaging lê daarin om dit op ’n oorspronklike manier te interpreteer, ’n onderwerp daaruit te formuleer terwyl jy ’n duidelike standpunt daaroor inneem en oortuigende argumente daarvoor te bou. Of jy nou oor iets alledaags, aktueel of onverwags praat – jou perspektief, jou navorsing en die manier waarop jy jou boodskap oordra, is wat jou toespraak jou eie maak.
Waarvoor wag jy? Kies jou tema, begin dink en ontdek waarheen jou idees jou kan neem.
Laai ’n dokument met die temas hier af.
Sterkte met jou voorbereiding. Ons sien daarna uit om in 2027 te hoor wat jy dink – en, nog belangriker, waarom jy dit dink.
Meer inligting oor ATKV-Redenaars is beskikbaar by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/redenaars/.