Kore, skryf nou in vir ATKV-Applous 2024!
Skryf jou koor in vir die oudste en mees gesogte skoolkoorkompetisie in die land!
ATKV-Applous se streeksfeeste vind regoor die land en in Namibië plaas vanaf 2 tot 23 Mei 2024. Vanjaar word ATKV-Applous al vir die 47ste jaar aangebied. In 2023 het 225 kore deelgeneem en die beoordelaars het na bykans 16 000 leerders geluister. Die deelnemende kore betower gehore van orals en laat ’n mens weer glo aan die wonder van koormusiek.
Duisende leerders gaan weer in 2024 die genot van koorsang op die verhoë van ATKV-Applous beleef. Daar is verskillende kategorieë, en of jou skoolkoor nou bloedjonk of amper volwasse is, gemeng is of net uit seuns of dogters bestaan, en of die koorlede beginners is of ervare is, daar is ’n plek vir enige koor by ATKV-Applous. Koorsang is nie net harde werk nie, maar ook hope pret!
In Julie 2024 vind die nasionale finaal van ATKV-Applous in die Kaapstad-stadsaal plaas. Kore van regoor die land reis na die Moederstad om mekaar in verskillende kategorieë uit te daag.
Die sperdatum vir inskrywings vir vanjaar se ATKV-Applous-koorkompetisie is Woensdag 28 Februarie 2024.
Vir navrae, kontak gerus vir Bessie Keun (082 454 6060, Bessie@applous.co.za) of Braam de Kock (011 919 9012, Braamd@atkv.org.za).
Klik hier om meer uit te vind oor ATKV-Applous.