Tjokkertalent gaan vir goud tydens die Gauteng-streeksfees!

Die ATKV se jongste toneelaanbod, ATKV-Tjokkertoneel, het hierdie jaar enorme nasionale deelnamegroei getoon deurdat ons vyf streeksfeeste landswyd aangebied het. Die afgelope week het tjokkers in Gauteng weer tussen die sterre kom speel nadat die pandemie ’n stokkie voor die uitvoerbaarheid van hierdie splinternuwe projek gesteek het sedert die bekendstelling daarvan in 2019.
Tjokkers in Gauteng het hard gewerk en hul stories met groot passie kom vertel op Saterdag, 15 Oktober, met ’n vol gehoor wat die talent kom gadeslaan het.
Bekroonde teatermakers van die ATKV-Tienertoneel, Mariki de Villiers-Knop en Linda van Niekerk, het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook aan alle teaterelemente suksesvol aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om verder hul talent te slyp.
Die streeksfeeswenners is Saterdag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die wenners:
Beste inkleding deur tjokkers

Beste tjokkerakteur

Beste tjokkeraktrise

Beste tjokkerensemble

Beste tjokkerregisseur

Beste ATKV-Tjokkertoneelproduksie

Baie dankie aan al die tjokkers wat vanjaar aan hierdie groeiende projek deelgeneem het. Ons sien uit na die 2023-seisoen wat in September volgende jaar regoor Suid-Afrika aangebied sal word.
Hou gerus ons webwerf dop vir al die Tjokkertoneelnuus en -inligting en moet veral nie vergeet om die gespreksreeksvideo’s te kyk en die nuutgeskrewe teksbundel te lees as jy nie weet waar om te begin nie.