ATKV-Tjokkertoneel - Speel tussen die sterre!
Die doel van die ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om die kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Splinternuwe Tjokkertoneeltekste nou beskikbaar!
Om jou skool op die voorvoet te plaas, stel die ATKV ’n nuutgeskrewe Tjokkertoneeltekstebundel vir 2022 bekend. Deelnemers kan hierdie tekste gebruik in 2022. Die ink op die papier van hierdie tekste is nog nat en perfek vir Tjokkertoneel. Laai die bundel hier af, lees deur die tekste en gee lewe aan elke woord tydens vanjaar se ATKV-Tjokkertoneel.
Nuus
Video's
Kontak Ons
JJ van Niekerk
ATKV-Projekorganiseerder: Tjokkertoneel