Topskoolkore ding by laaste Applous-gala-aand mee
Vir byna vyftig jaar bied ATKV‑Applous aan jong sangers ’n platform om hul stemme en talent op Suid‑Afrika se voorste koorverhoë te laat weerklink. Hierdie kompetisie vier nie net musikale uitnemendheid nie, maar kweek ook dissipline, spanwerk, selfvertroue en vriendskappe wat ’n leeftyd hou. Só omvangryk is die geleentheid dat die finaal oor vier gala‑aande strek. Die vierde aand het op Saterdag 1 Augustus plaasgevind. Die volgende kore stap met die louere weg:
Hoërskool: Prestige
- Beste uitvoering van ’n Afrika-lied: Hoërskool Ferrum
- Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Eunice High School
- Beste uitvoering van ’n Afrikaanse lied: Eunice High School
Hoërskool-prestige: Gemeng
- Wenner: DF Akademie
- Naaswenner: Hoërskool Ferrum
- Derde plek: Die Hoërskool Menlopark
Hoërskool-prestige: Meisies
- Wenner: Hoërskool Stellenberg
- Naaswenner: Eunice High School
- Derde plek: Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Hoërskool-prestige: Seuns
- Wenner: Paul Roos Gimnasium
- Naaswenner: Afrikaanse Hoër Seunskool
Kontak die ATKV-Applous-projekorganiseerders, Corneli Quinn (corneliq@atkv.org.za of 011 919 9012) of Bessie Keun (bessie@applous.co.za of 072 598 1480) gerus vir enige navrae. Vir meer inligting oor ATKV-Applous, besoek gerus die ATKV-Applous-webblad by https://atkv.org.za/neem-deel/kultuurprojekte/applous/.