ATKV-KomposisieKompetisie 2026: Wenners is bekend!
Die ATKV se jaarlikse KomposisieKompetisie word in 2026 vir die 26ste keer aangebied, met die beoordeling van vanjaar se kompetisie wat op 1 Julie plaasgevind het.
Die ATKV-KomposisieKompetisie het primêr ten doel om Afrikaanse koorsang te bevorder deur nuwe, vars Afrikaanse koorwerke beskikbaar te stel, wat deur die ATKV voorgeskryf word vir die nasionale ATKV-Applous-skoolkoorkompetisie.
Sleutelkriteria wat van inskrywings verwag word sluit in dat die teks in Afrikaans moet wees. Komponiste mag van bestaande gedigte deur Afrikaanse digters gebruik maak, of hulle het die opsie om van ’n nuwe teks gebruik te maak.
Toonsettings moet realisties uitvoerbaar wees en moet die omvang beperkings van die spesifieke stemgroepe in ag neem. Laerskoolkinders het ’n baie spesifieke stemomvang, so ook hoërskoolseuns wie se stemme pas verander het.
Komposisies word ontvang in 11 van ATKV-Applous se afdelings, met slegs die hoër- en laerskool ope-afdelings wat nie ’n voorgeskrewe werk sing nie. Vanjaar ontvang die kompetisie ’n indrukwekkende 50 inskrywings.
Uit die inskrywings wat ontvang word, word daar vir beide die laer- en hoërskole ’n eerste en tweede prys toegeken. In 2026 is die pryswenners as volg:
Laerskole
- Eerste prys: Reënbooggebed – Riekie van Aswegen
- Tweede prys: Met transistor in die hand – Niel van der Watt
Hoërskole
- Eerste prys: Hoe stil kan dit word – Niel van der Watt
- Tweede prys: Jy’s man alleen – Niel van der Watt
Die voorgeskrewe werke vir ATKV-Applous 2027 is:
Laerskole
|
Afdeling |
Voorgeskrewe lied |
Komponis |
|
Junior koor Afrikaans |
Goed wat jou oë sal laat rek |
Riekie van Aswegen |
|
Junior koor nie-Afrikaans |
Syfers teen die muur |
Meyer Combrinck |
|
Laerskool Meriete Afrikaans |
Met transistor in die hand |
Niel van der Watt |
|
Laerskool Meriete nie-Afrikaans |
Dis te ver om te loop |
Petro Coetzee |
|
Laerskool Prestige |
Reënbooggebed |
Riekie van Aswegen |
Hoërskole
|
Afdeling |
Voorgeskrewe lied |
Komponis |
|
|
Meriete
|
Gemeng |
Niks hang so rooi |
Niel van der Watt |
|
Meisies |
Sentimenteel |
Riekie van Aswegen |
|
|
Seuns |
Skorrie |
Niel van der Watt |
|
|
Prestige |
Gemeng |
Hoe stil kan dit word |
Niel van der Watt |
|
Meisies |
Jy sê jy sal nooit vergeet nie |
Niel van der Watt |
|
|
Seuns |
Jy’s man alleen |
Niel van der Watt |
|
Die ATKV-Applous en -KomposisieKompetisiespan werk tans daaraan om die bladmusiek vir die voorgeskrewe werke gereed te maak vir publikasie. Die voorgeskrewe liedere sal later vanjaar op die ATKV se amptelike webblad beskikbaar wees.
Kontak gerus vir Corneli Quinn (ATKV-Applous-projekorganiseerder) per epos by corneliq@atkv.org.za of telefonies by 011 919 9012 óf vir Bessie Keun (ATKV-Applous-organiseerder) by bessie@applous.co.za of 072 598 1480 vir enige navrae oor die ATKV-KomposisieKompetisie óf ATKV-Applous.
Besoek gerus die ATKV-KomposisieKompetisie- of ATKV-Applous-blaaie vir meer inligting.