Is jy ’n voorslag met sêgoed?
Is jy gekonfyt in Afrikaanse gesegdes, idiome, spreekwoorde en vergelykings? ATKV-DigiGesegdes gee jou die geleentheid om jou kennis van Afrikaans se beste sêgoed in ’n prettige speletjiesformaat ten toon te stel!
Hierdie nuwe projek is oop vir graad 4’s tot volwassenes en selfs bontpraters is welkom. Maak jou leeslitte los en laat jou idioomspiere bult met ATKV-DigiGesegdes!
Boonop hoef jy nie die trekpad aan te durf om deel te neem aan hierdie digitale kompetisie nie. Jy het, so waar as padda manel dra, net toegang tot ’n rekenaar, tablet of slimfoon en ’n internetverbinding nodig. Kry iewers jou sit en laat waai!
DEELNEMERSGIDS & INSKRYWINGSVORM 2024