Skip to the content

DigiSpel

DigiSpel

Party mense kan spel en ander kan tel. As jy ’n S-P-E-L-L-E-R is en in koue sweet uitslaan as jy ’n spelfout sien, is die ATKV se digitale spelkompetisie net vir jou. Met ATKV-DigiSpel word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee en nie net SMS-taal te gebruik nie.

Indien jy dalk ’n T-E-L-L-E-R is en jou spelvermoë wil verbeter, moet jy beslis nie huiwer om jou in te skryf nie.

Nie net sal jy jou taalvaardighede kan opknap nie, maar ook kan meeding met die beste spellers daarbuite. Daar is ook fantastiese pryse op die spel en elke deelnemer sal ’n ATKV-sertifikaat ontvang.

ATKV-DigiSpel gaan jou uitdaag, jou spelling opskerp en jy gaan beslis jouself gate uit geniet.

Klik HIER om die brosjure vir ATKV-DigiSpel 2021 af te laai.

Inskrywingsgeld beloop R120. As jy voor of op 23 Februarie 2021 inskryf en betaal, betaal jy die verminderde bedrag van R100 per inskrywing. Alle inskrywings sluit op 26 Februarie 2021.