Skip to the content

DigiPraat

ATKV DigiPraat

Om jou sê met selfvertroue te sê, is ’n vaardigheid wat jou ver in die lewe kan bring. Met ATKV-DigiPraat wil ons vir leerders ’n platform gee waar hulle in Afrikaans kan kom wys wat in hulle steek.

Om alles te kroon, hoef jy nêrens heen te ry nie, met hande wat sweet op ’n klipharde saalstoel te sit nie, of bewerig te glimlag vir ’n streng beoordelaar nie. Met ATKV-DigiPraat kan jy in die gerief van jou eie huis, jou toespreek opneem en stuur.

Vir die eerste keer word internasionale inskrywings ook verwelkom.

Kom praat jou praat, oor alles en nog wat, in Afrikaans!

Klik hier om die brosjure af te laai.

Sluitingsdatum vir inskrywings en instuur van video’s: 1 Julie 2020.

Klik hier om in te skryf.