Skip to main content

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir hierdie toekennings in aanmerking kom, word deur die kinders self beoordeel.

Die Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig. Verder wil die ATKV skrywers, uitgewers en illustreerders deur middel van hierdie projek help deur 'n aanduiding te probeer gee van watter boeke kinders werklik hou. Met dié toekennings ontvang skrywers, uitgewers en illustreerders ook erkenning vir hul toegewyde werk.

Kinders in graad RR tot leerders in graad 10 is die beoordelaars en neem deur skole en biblioteke deel.

Vir meer inligting kontak vir Jeanne Naude by 011 919 9088 of jeannen@atkv.org.za.

Laai hier die reglement vir 2023 af.

Die wenners van die geskenkbewyse wat in 2022 deelgeneem het, is hier beskikbaar.

Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gemik om kinders te laat lees en leesbevordering aan te moedig. Terselftertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk.

Die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings, ’n kategorie waar die leerders self vir hulle gunstelingboeke en -illustrasies stem, is soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR – 1

  • Skrywer: Liz de Villiers (Human & Rousseau) – Tjoppie se verjaardag
  • Illustreerder: Vian Oelofsen (Human & Rousseau) – Tjoppie se verjaardag

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Pan Macmillan SA) – Krok en Dil
  • Illustreerder: Johann Strauss (LAPA Uitgewers) – Ouma Mollie en die mensvreter

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5

  • Skrywer: Peti Troskie (LAPA Uitgewers) – Lukas bou ’n superkar
  • Illustreerder: Hjalmar Pretorius (LAPA Uitgewers) – Lukas bou ’n superkar

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

  • Skrywer: Daniëlla van Heerden & Megan Werner (Pan Macmillan SA) – As jy droom

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

  • Skrywer: Jacolet van den Berg (LAPA Uitgewers) – Tyd om te skaats