Skip to main content

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir hierdie toekennings in aanmerking kom, word deur die kinders self beoordeel.

Die Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig. Verder wil die ATKV skrywers, uitgewers en illustreerders deur middel van hierdie projek help deur 'n aanduiding te probeer gee van watter boeke kinders werklik hou. Met dié toekennings ontvang skrywers, uitgewers en illustreerders ook erkenning vir hul toegewyde werk.

Kinders in graad RR tot leerders in graad 10 is die beoordelaars en neem deur skole en biblioteke deel.

Vir meer inligting kontak vir Jeanne Naude by 011 919 9088 of jeannen@atkv.org.za.

Laai die reglement vir 2026 af: Interaktief/Druk.

Die wenners van die geskenkbewyse wat in 2025 deelgeneem het, is hier beskikbaar.

Die ATKV-Kinderboektoekennings bekroon jaarliks die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die beoordelaars is jong lesers self – iets wat hierdie toekennings van ander onderskei.

Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning aan skrywers, uitgewers en illustreerders verleen vir hul toegewyde werk.

Jong lesers se keuses vir die beste kinder- en jeugboeke is vanjaar soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR tot graad 1

Die skrywer Zuléka Smit en die illustreerder Johann Strauss wen vir Ben en die groot wedstryd, uitgegee deur LUCA.

Selfleeskategorie: Graad 2 tot 3

Vanjaar se wenner is Jaco Jacobs vir Tom en die baie snaakse hond, uitgegee deur Pan Macmillan SA. Die illustreerder Elsabé Ebersöhn is gekies as wenner vir haar illustrasies in Alten akkedis se sewe sterte, uitgegee deur LAPA Uitgewers. 

Selfleeskategorie: Graad 4 tot 5

Die wenners is Fanie Viljoen en die illustreerder Johann Strauss vir Ouma Mollie se verkeerde verjaarsdag, uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Selfleeskategorie: Graad 6 tot 7

Vanjaar se wenner is Nerine Ahlers vir haar boek, Operasie: spinasie-situasie, uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Selfleeskategorie: Graad 8 tot 9

Die skrywer François Bloemhof se boek Breinlabirint, uitgegee deur LAPA Uitgewers, stap hier met die louere weg.

Toekenning vir Leesbevordering

Reading is KWAAI

Baie geluk aan al die skrywers en illustreerders wat jong Afrikaanse lesers nie net aan die lees kry nie, maar ook aan die lees hou!