Skip to main content

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir hierdie toekennings in aanmerking kom, word deur die kinders self beoordeel.

Die Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig. Verder wil die ATKV skrywers, uitgewers en illustreerders deur middel van hierdie projek help deur 'n aanduiding te probeer gee van watter boeke kinders werklik hou. Met dié toekennings ontvang skrywers, uitgewers en illustreerders ook erkenning vir hul toegewyde werk.

Kinders in graad RR tot leerders in graad 10 is die beoordelaars en neem deur skole en biblioteke deel.

Vir meer inligting kontak vir Jeanne Naude by 011 919 9088 of jeannen@atkv.org.za.

Laai die reglement vir 2026 af: Interaktief/Druk.

Die wenners van die geskenkbewyse wat in 2025 deelgeneem het, is hier beskikbaar.

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei.

Jong lesers se keuses vir die beste kinder- en jeugboeke van die jaar is soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR tot graad 1

Die skrywer Zuléka Smit en die illustreerder Johann Strauss wen vir Ben en die boelies, uitgegee deur LUCA.

Selfleeskategorie: Graad 2 tot 3

Vanjaar se wenners is Jaco Jacobs en die illustreerder Patrick Latimer vir die boek Stink sokkies, uitgegee deur Pan Macmillan SA.

Selfleeskategorie: Graad 4 tot 5

Die wenskrywer is Jaco Jacobs, hierdie keer vir sy boek Minki se verjaardag, uitgegee deur Pan Macmillan SA. Die illustreerder, Emily House, was jong lesers se gunsteling vir haar illustrasies in Jani Jonker gloei in die donker, uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Selfleeskategorie: Graad 6 tot 7

Vanjaar se wenner is Eleanor Lombard met haar boek Vasbyt Vyf: Die ontvoering, uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Selfleeskategorie: Graad 8 tot 9

Die skrywer An-Mari do Carmo se boek Foto’s en fairy lights, uitgegee deur Human & Rousseau, stap hier met die louere weg.

Hartlik geluk aan al die 2025-wenners.