Met ATKV-DigiSpanpraat, ’n digitale platform vir raakpraters, kan jong redenaars hulself en hul redeneringsvermoë behoorlik toets.
Waar een redenaar gewoonlik sy standpunt vorm en dan ’n gehoor daarvan moet oortuig, rus die onus nou op die span om mekáár eers van elke standpunt te oortuig voordat hulle uit een mond kan praat.
Spanne kan dus van ’n afstand hul opinies, idees en oortuigings orden om daardie een standpunt met mening oor te dra, terwyl hul verskillende persoonlikhede mekaar aanvul en ondersteun.
Goeie spanwerk vorm die kern en ons is opgewonde om te sien hoe hierdie boustene van deeglike beredenering spanne gaan help om nuwe hoogtes te bereik.
DEELNEMERSGIDS & INSKRYWINGSVORM 2024