Skip to main content

ATKV-Tienertoneel – ’n Smeltkroes van kreatiwiteit!

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek steeds ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.

Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!

Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.

IS JY SIMBIOTIES SLIM?

Leer meer oor ATKV-Tienertoneel wat vanjaar 60 jaar jonk is deur deel te neem aan die simbiose-vasvraspeletjies.
Jy het 60 sekondes om 12 vrae in elke speletjie te beantwoord.
Klik op die skakels hierbo en speel simbioties saam.

Kontak Ons

JJ van Niekerk
Projekorganiseerder: ATKV-Tienertoneel

jj@atkv.org.za
076 391 3414