Die ATKV wil graag jong leiers help om hulle leierskapsvaardighede te ontdek en verder te ontwikkel, al is hulle nog jonk! Saam met Manie Botha, ’n spesialis in jeugleierskap, bereik die ATKV weer nuwe hoogtes met hierdie spogkursus vir leerders in graad 6 en 7. Die kursus bestaan uit vier videosessies wat individueel vir ’n leerder of vir groepe in die klas of saal vertoon kan word. Die kursus kan gefasiliteer word deur ouers of onderwysers. Met hierdie eenvoudige aanslag word die leerproses vergemaklik en toeganklik gemaak vir onderrig by skole asook vir tuisonderrig. Voeg hierby ’n PDF-werksboekie in vyf landstale, naamlik Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho en Zoeloe. Sodoende kan meer leerders betrek word om in die pret van hierdie leerervaring te deel. Die kursus inspireer jong leiers om ’n doel en rigting vir hulle lewe te vind. Die sessies behels die volgende vier temas:
• Ontwikkeling van persoonlike leierskap
• Besluite en die besluitnemingsproses
• Kommunikasie
• Perspektief
Kontak vir Manie Botha by 083 254 7711 om te registreer vir hierdie leierskapskursus of besoek die webwerf, www.Braintribe.co.za, vir meer inligting.