Deelnemersgids
Inskrywingsvorm
Streeksfeesskedules
Rolverdelingsvorm
Verhoogafmetings van teaters
Media en bemarkingbronne (ATKV-logo)
ATKV-Tienertoneel – ’n Smeltkroes van kreatiwiteit!
Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek steeds ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede as moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
Hierdie projek vind landwyd plaas deur die aanbied van streeksfeeste in Suid-Afrika en spog met ’n nasionale feesfinaal enig in sy soort waar die bestes van die bestes gekroon word.
Nuus
ATKV-Agent
Die ATKV-Agent-akteursrol word jaarliks tydens die nasionale ATKV-Toneelfinaal saamgestel en aangekondig. Elke akteur wat op hierdie rol verskyn, ontvang ’n bemarkbare profiel as prys en die ATKV dien as agent om ’n verskil in die lewens van hierdie jong akteurs teweeg te bring. Jong akteurs kan deur hierdie geakkrediteerde geleentheid die industrie met selfvertroue ingaan. Besoek die vyf bemarkingsprofiele van die ATKV-Agentrol, soos aangewys in 2024, deur hieronder op die foto’s van die akteurs op die ATKV-Agent-akteursrol te klik.
Video's